Meer inligting oor Bastion

Bastion is 'n Kategorie 2 Diskresionêre Finansiële Diensverskaffer. Ons bestuur drie fondse van fondse: Bastion Absolute Opbrengs Fonds van Fondse, Bastion Gematigde Fonds van Fondse, en Bastion Wêreldwye Veelsydige Fonds van Fondse. Hierdie fondse is genoteerde wit etiketfondse van Metropolitan Collective Investments. Tipies sal 'n finansiële makelaar (kategorie 1) sy kliënt se geld via 'n gekoppelde diensmaatskappy (“LISP”) soos Glacier, Stanlib, of AIMS, in Bastion se fondse belê.

Die belangrike punt is dat ofskoon Bastion self klein en meestal onbekend is, ons in van SA se top effektetrusts belê: ABSA, Allan Gray, Cadiz, Coronation, Foord, Grindrod, Investec, Ou Mutual, Nedgroup, Prudential, Stanlib, en SIM, is van die bekende en gerespekteerde name in ons fondse.

Bastion bestuur ook privaat kliënte se aandeleportefeuljes op die BOE Private Stock Brokers-platform.

Belangrike gebeure in Bastion se ontwikkeling is die volgende:

  • Die begin van die besigheid einde 2003 deur die huidige eienaar en beleggingshoof, Koos le Roux.
  • 1 Januarie 2004 – 30 September 2007: die baie suksesvolle bestuur van Bastion se fondse as saamvatfondse by Glacier. Twee van ons drie fondse was, op „n drie jaar basis, in die eerste kwartiel van hul onderskeie portuurgroepe.
  • 1 Oktober 2007: die suksesvolle landswye notering van ons fondse.
  • November 2009: Bastion se ooreenkoms met die Efficient-groep om „n deel van hul Naviga-produkreeks se bates te bestuur.
  • Einde 2010: Bastion se transaksie met Foster Wealth, waarvolgens laasgenoemde geld in ons fondse belê, en „n 26%-belang in Bastion koop.

Vir meer inligting, laai gerus die meer volledige agtergrond dokument oor Bastion hieronder af.

Aanhegsel
Meer omtrent Bastion.pdf